Hekelblok – Die Soliede Ouma Blokkie

DIE SOLIEDE OUMA BLOKKIE|HEKEL BLOK|HEKEL IN AFRIKAANSDIE SOLIEDE OUMA BLOKKIE|HEKEL BLOK|HEKEL IN AFRIKAANS

Hekelblok – Die Soliede Ouma Blokkie

DIE SOLIEDE OUMA BLOKKIE|HEKEL BLOK|HEKEL IN AFRIKAANSDIE SOLIEDE OUMA BLOKKIE|HEKEL BLOK|HEKEL IN AFRIKAANS

Die Soliede Ouma Blokkie.

 Leer hier hoe om ‘n langbeen te maak!

Vir die handleiding hekel ‘n ketting van 4 steke.

Rondte 1: Glipsteek in die 1ste kettingsteek (ks) om ‘n ring te vorm;

hia-soliedeoumablokkie-001hia-soliedeoumablokkie-002

hekel 3 kettingsteke (hierdie tel as 1 langbeen);
werk 2 langbene (lb) in die ring;
hekel 3 ks;

hia-soliedeoumablokkie-003hia-soliedeoumablokkie-004

werk 3 lb in die ring;
hekel 3 ks;
werk 3 lb in die ring;
hekel 3 ks;
werk 3 lb in die ring;
hekel 3 ks;
glipsteek bo in die begin 3 ks;
heg af (knip die draad en trek deur die laaste lus op die hekelnaald)

Vir ‘n stap vir stap foto handleiding vir rondte 1, klik hier!

hia-soliedeoumablokkie-005

Heg volgende kleur in enige 3 ks spasie (hoek) met ‘n glipsteek.

hia-soliedeoumablokkie-006

Rondte 2: hekel 3 kettingsteke (hierdie tel as 1 langbeen);
werk 2 lb in dieselfde spasie;
hekel 2 ks;
werk 3 lb in dieselfde spasie.
Nota: hier het jy nou jou eerste hoek gevorm van die tweede rondte.

Werk 1 lb in die volgende 3 lb.

*werk [3 lb; 2 ks; 3 lb] in die volgende 3 ks spasie; werk 1 lb in die volgende 3 lb. Herhaal van * nog twee keer.
Vier hoeke gevorm.

hia-soliedeoumablokkie-007hia-soliedeoumablokkie-008

Glipsteek bo in die begin 3 ks;
heg af (knip die draad en trek deur die laaste lus op die hekelnaald)

hia-soliedeoumablokkie-009hia-soliedeoumablokkie-010

Rondte 3: hekel 3 kettingsteke (hierdie tel as 1 langbeen);
werk 2 lb in dieselfde spasie;
hekel 2 ks;
werk 3 lb in dieselfde spasie.
Nota: hier het jy nou jou eerste hoek gevorm van die derde rondte.

Werk 1 lb in elke lb tot volgende 2 ks spasie

*werk [3 lb; 2 ks; 3 lb] in die volgende 2 ks spasie; werk 1 lb in elke lb tot volgende 2 ks spasie. Herhaal van * nog twee keer.
Vier hoeke gevorm.

hia-soliedeoumablokkie-011 hia-soliedeoumablokkie-012

Rondte 3 vorm die basiese patroon van die Soliede Ouma Blokkie – herhaal tot verlangde grootte bereik is.

Hoe om die los draadjies weg te werk:
Gebruik ‘n wolnaald en ryg die los draadjies agterdeur die steke;
eers in een rigting en dan in die teenoorgestelde rigting.
Knip die oorblywende draadjies af.

Nota: My metode is om elke keer ‘n nuwe kleur in die hoek te begin.
Daar is nog maniere om die blokkie te maak soos in die diagram hieronder.

Elke nuwe rondte being ‘bo op’ die vorige 3 ks – kan so ook die nuwe kleur
aan heg deur om die nuwe kleur te begin voordat die laaste lb heeltamal voltooi is.

hia-soliedeoumablokkie-013

Print Friendly

1 Comment

  1. Leersaam en baie mooi dankie!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *