Uil Ouma Blokkie Kussing Maatjie

Uil Ouma Blokkie Kussing Maatjie

UIL OUMA BLOKKIE KUSSING MAATJIE|KREATIEWE HEKEL IN AFRIKAANS

Hierdie is ‘n oulike kussing om te hekel –
die pefekte maatjie om nagkleretjies in te hou tot slaaptyd!

Moeilikheidsgraad:

RELATIEFMAKLIK|KREATIEWE HEKEL IN AFRIKAANS

Benodighede:

  • Elle Double Knit Family Knit Classic Aran\of Wit 1 x 50 g-bol
  • Elle Double Knit Family Knit Classic Coral Pink; Wintersky & Sunshine (+- 25 g vir elke kleur)
  • Klein hoeveelheid swart en wit wol vir borduur
  • 3, 50 mm Hekelpen
  • 1 x Blomme Knoop vir die neus
  • Naald vir vaswerk

Afkortings:
kb – kortbeen
lb- langbeen
hlb – halflangbeen
dsl – dubbelslagsteek
gs – glipsteek
vlg – volgende
h/af – heg af

SpanningSpanning is nie nodig vir die project om perfek te wees nie = al die ouma blokkies moet net dieselfde grootte behou word

Grootte:
Ongeveer 16 cm in breedte en 30 cm in lengte – grootte kan verskil volgens hekelpen; gare en spanning.

hia-uilkussingmaatjie-001

INSTRUKSIES: (FOR ENGLISH VERSION CLICK HERE!)

Nota: Vir die beste resultate werk die blokkies met ‘n wol naald aanmekaar – dit sorg dat die blokkies sal plat lê.

Die Soliede Ouma Blokkie:

Maak 7 in elke kleur (7 blou; 7 pienk; 7 geel)

Hekel ‘n ketting van 4 steke.
Rondte 1:
Glipsteek in die 1ste kettingsteek (ks) om ‘n ring te vorm;
hekel 3 kettingsteke (hierdie tel as 1 langbeen);
werk 2 langbene (lb) in die ring; hekel 3 ks;
werk 3 lb in die ring; hekel 3 ks;
werk 3 lb in die ring; hekel 3 ks;
werk 3 lb in die ring; hekel 3 ks;
glipsteek bo in die begin 3 ks;

Rondte 2: hekel 3 kettingsteke (hierdie tel as 1 langbeen);
werk 1 lb in die vlg 2 lb;
*werk [3 lb; 3 ks; 3 lb] in die vlg 3 ks spasie; werk 1 lb in die vlg 3 lb. Herhaal van * nog twee keer.
Werk [3 lb;  3 ks; 3 lb] in die vlg 3 ks spasie; glipsteek bo in die begin 3 ks;
heg af (knip die draad en trek deur die laaste lus op die hekelnaald)

hia-uilkussingmaatjie-blokk

hia-uilkussingmaatjie-002

Werk al die blokkies aanmekaar – wissel die kleure soos hierbo aangewys in die foto.

Hoe om die los draadjies weg te werk:
Gebruik ‘n wolnaald en ryg die los draadjies agterdeur die steke;
eers in een rigting en dan in die teenoorgestelde rigting.
Knip die oorblywende draadjies af.

hia-uilkussingmaatjie-003

Heg die Aran/Wit gare in die eerste 3 ks spasie bo-aan ‘n 3 blokkie ry – kyk na foto

Rondte 1: Werk 27 kb eweredig tot aan die einde – dit is 9 kb per blokkie; DRAAI
Rondte 2- 64: 1 ks; werk 1 kb in elke steek tot aan die einde van die ry (27 kb); DRAAI
Heg af en werk die los draadjies weg.

hia-uilkussingmaatjie-0034

Begin aan die onderkant – sit die twee kante teenmekaar (regte kant wys na bo);
Werk 1 kb in elke steek – maak seker die hekelpen gaan deur altwee kante;
werk die een lang kant toe;
werk 1 kb net deur die ouma blokkies (sorg dat die kort kant oop bly);
sorg dat die twee kante weer bymekaar is; werk 1 kb in elke steek  en werk die lang kant toe.

hia-uilkussingmaatjie-005

Die twee lang kante is nou toegewerk en die bo kant is oop.

Die Oë: Maak 2

hia-uilkussingmaatjie-006

Hierdie deel word heeltyd in die rondte gehekel – gebruik ‘n ‘steek merker’ om te help met die rondtes.

Hekel ‘n ketting van 4 steke.

Rondte 1: Glipsteek in die 1ste kettingsteek (ks) om ‘n ring te vorm; werk 6 kb in die ring. Merk die laaste kb om aan te dui dit is die einde van die rondte.

Rondte 2: Werk 2 kb in elke steek (12 kb).
Merk die laaste kb om aan te dui dit is die einde van die rondte.

Rondte 3: *Werk 2 kb in die vlg steek; werk 1 kb in die vlg steek.
Herhaal vanaf * tot einde van rondte (18 kb).
Merk die laaste kb om aan te dui dit is die einde van die rondte.

Rondte 4: *Werk 2 kb in die vlg steek; werk 1 kb in die vlg 2 steke.
Herhaal vanaf * tot einde van rondte (24 kb).
Merk die laaste kb om aan te dui dit is die einde van die rondte.

Rondte 5: Werk 1 kb in die vlg steek; werk 1 hlb in die vlg steek; werk 2 lb in die vlg steek; werk 2 lb in die vlg steek; werk 1 hlb in die vlg steek; werk 1 kb in die vlg steek;
gs in elke steek tot einde van rondte.
Heg af en los ‘n stert vir vaswerk.

Met swart gare/wol borduur lang reguit steke vir die oë en ‘n klein stukkie wit in die middle van die swart gedeelte – gebruik foto as aanwysing.

Werk die oë vas op die kussing.

Die Vlerke: Maak 2

hia-uilkussingmaatjie-007

Hekel ‘n ketting van 4 steke.

Ry 1: Werk 7 lb in die 4de ks (8 lb); DRAAI
Ry 2: 3 ks (die tel as een lb); werk 1 lb in dieselfde steek; werk 2 lb in elke steek tot die einde (16 lb); DRAAI
Ry 3: 3 ks (die tel as een lb); werk 1 lb in dieselfde steek; werk 1 lb in die vlg steek;
*werk 2 lb in die vlg steek; werk 1 lb in die vlg steek. Herhaal vanaf * tot die einde (24 lb); DRAAI
Ry 4: werk soos volg:
gs in die vlg 3 steke;
werk [1 kb; 1 hlb] in die vlg steek;
werk 4 lb in die vlg steek;
werk [1 hlb; 1 kb] in die vlg steek;
gs in die vlg 4 steke.

Werk [1 kb; 1 hlb] in die vlg steek;
werk [2 lb; 1dsl] in die vlg steek;
werk [1 dsl; 2 lb] in die vlg steek;
werk [1 hlb; 1 kb] in die vlg steek;
gs in die vlg 4 steke.

werk [1 kb; 1 hlb] in die vlg steek;
werk 4 lb in die vlg steek;
werk [1 hlb; 1 kb] in die vlg steek;
gs in die vlg 4 steke.

gaan voort om aan die onderkant van die vlerk te werk;
werk 3 kb in elke ry.
Heg af en los ‘n stert vir vas werk.

hia-uilkussingmaatjie-008

Werk die vlerke aan – en ‘n blom knoop vir die neus.

hia-uilkussingmaatjie-009

hia-uilkussingmaatjie-010hia-uilkussingmaatjie-011

Print Friendly

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *