Teddie Baba Kombers

Teddie Baba Kombers

Teddie Beer Baba Kombers | Kreatiewe Hekel In Afrikaans

‘n Vinnige en maklike baba kombers om te maak!
Versier met ‘n Teddiebeer appliek.

Moeilikheidsgraad:

RELATIEFMAKLIK|KREATIEWE HEKEL IN AFRIKAANS

Benodighede:

  • Elle Family Knit/Pullskein (2 x 50 g/of 1 x 100 g)
    – Aqua
    – Soft Lime
    – Aran (gaan dalk 3 x 50 g bolle benodig)
    – Antique (net 1 x 50 g)
    – Klein bietjie swart en wit vir oë en mond
  • 4, 00 mm Hekelpen

Afkortings:

lb- langbeen
dlb – dubbelslag langbeen
gs – glipsteek
vlg – volgende
h/af – heg af

SpanningSpanning is nie nodig vir die project om perfek te wees nie.

Grootte:
Ongeveer 100 cm in lengte en 100 cm in breedte – grootte kan verskil volgens hekelpen; gare en spanning.

INSTRUKSIES: 

Hekel ‘n ketting van 112 steke (veelvoude van 3 + 2)

RY 1: Hekel [2 lb; 3 ks; 1 glip steek] in die 4de ks van jou naald;
*slaan 2 ks oor; werk [2 lb, 3 ks; 1 glip steek] in die vlg ks.
Herhaal van * tot aan die einde van die ry; DRAAI

RY 2: 3 ks; *werk [ 2lb, 3 ks, 1 glip steek] in die vlg 3 ks spasie.
Herhaal van * tot einde van ry; eindig met 1 lb in die 3rd ks van die draai ks; DRAAI

Werk soos volg:

Werk 4 rye – Aqua;
werk 4 rye – Soft Lime;
werk 16/20 rye – Aran;
*werk 4 rye – Aqua;
werk 4 rye – Soft Lime;
werk 4 rye – Aran.

Herhaal van * nog 2 keer;

werk 4 rye – Aqua;
werk 4 rye – Soft Lime.

hia-teddiekombers-005

RANDJIE:

Werk 1 een ry Aran van die patroon en wanneer die einde van ry bereik gaan voort om in die rondte the werk om die hele kombers.

Wenk vir die hoeke: werk [2 lb, 3 ks; 1 glip steek] twee keer in elke hoek.

Dan sonder om te DRAAI – werk die patroon nog eenkeer in die rondte.

Heg af en werk los draadjies weg.

hia-teddiekombers-003

DIE TEDDIE APPLIEK:

Met Aran – Hekel 4 ketting steke

Rondte 1: Werk 11 lb in die 4de ketting steek van jou hekelpen af. Glipsteek in die 3de ks van 1st 3 ks
Rondte 2: 3 ks (tel as 1lb); werk 1 lb in dieselfde spasie;
werk 2 lb in elke steek tot aan einde van rondte (24 lb); Glipsteek in die 3de ks van 1st 3 ks.
Rondte 3: 3 ks (tel as 1lb); werk 1 lb in dieselfde spasie; werk 1 lb in die vlg steek.
*Werk 2 lb in volg steek; werk 1 lb in vlg steek. Herhaal van* tot aan einde van rondte (36 lb); Glipsteek in die 3de ks van 1st 3 ks.

Heg af en los ‘n draad vir vaswerk.

Met Antique – Hekel 4 ketting steke en herhaal instruksies vir Rondte 1 tot 3;

Rondte 4: 3 ks (tel as 1lb); werk 1 lb in dieselfde spasie; werk 1 lb in die vlg 2 steke.
*Werk 2 lb in vlg steek; werk 1 lb in vlg 2 steke. Herhaal van* tot aan einde van rondte (48 lb); Glipsteek in die 3de ks van 1st 3 ks.

Rondte 5: 3 ks (tel as 1lb); werk 1 lb in dieselfde spasie; werk 1 lb in die vlg 3 steke.
*Werk 2 lb in vlg steek; werk 1 lb in vlg 3 steke. Herhaal van* tot aan einde van rondte (60 lb); Glipsteek in die 3de ks van 1st 3 ks.

ORE:

Rondte 6: Slaan 3 steke oor; werk 8 dlb in die vlg steek;
slaan 3 steke oor; glipsteek in die vlg 12 steke;
slaan 3 steke oor; werk 8 dlb in die vlg steek;
slaan 3 steke oor; glipsteek in die vlg steek.

Heg af en los draad vir vas werk.

Vir die oë werk net Rondte 1; heg af en los draad vir vas werk.
Werk met ‘n garenaald ‘n pare lang steke vir binne die oog.

hia-teddiekombers-004
Werk die Aran sirkel vas aan die groot Antique sirkel – gebruik die foto as
voorbeeld. Werk met swart en garenaald ‘n mond en ‘n neus.
Werk Teddie vas aan die kombers.

hia-teddiekombers-006hia-teddiekombers-007

Ek het ‘n Teddie hoedjie saam met die kombers gemaak.
Ek het die oulike patroon van Repeat Crafter Me gebruik en net my eie gesig op gesit om by die kombers te pas 😉

hia-teddiekombers-008

hia-teddiekombers-001

Print Friendly

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *